Agt keer Kampioen!

Foto

 

Voor vlnr – Toesie Dercksen(Wenner B-Afdeling), Anzelle Zeelie (KlubKampioen 2014) en Marlies Morgan (Wenner C-Afdeling)Agter vlnr – Hettie Bruwer, Annemarie Luggen, Magda Griesel, GloriaGreyvenstein, Annette Pretorius, Linchen Wessels, Corne Marais, MadeleinCoopman en Ursula Otto (Rawson Eiendomme).

Die Dames-afdeling van Mosselbaai Gholfklub het verlede Donderdag en Vrydag hulle jaarlikse Klubkampioenskappe gehou. Om vir die agste keer as kampioen gekroon te word is geen geringe prestasie nie. Anzelle Zeelie het dit vermag deur vanaf ‘n voorgee van 4 ‘n bruto-telling van 149 houe aan te teken.

Annette Pretorius (165 houe) en Ilze Nel (171 houe) het ‘n titaniese stryd om die tweede plek gevoer. Annette het hier as die oorwinnaar uit die stryd getree.Toesie Dercksen (175 houe) was die kampioen in die B-afdeling met Linchen Wessels (177 houe) die naaswenner. Die C-afdeling se kampioen was Marlies Morgan (188 houe) met Hettie Bruwer (194 houe) in die tweede plek.

PSG KONSULT se maandelikse borgdag, die “Chicken Run” het op Woensdag 5 Maart 2014 plaasgevind. ‘n Groot aantal spelers ondersteun hierdie gewilde borgdag elke maand getrou. Die wenners in die stableford kompetisie was as volg: A-afdeling:Mike van Niekerk (40 punte), Louw Strydom (39 punte) en Tino Steenkamp (38 punte) B-afdeling: Paul Kitson (45 punte), Friedl October (44 punte) en Hendré Gericke (43 punte) C-afdeling: Lood Loubser (39 punte), Skippie Scheepers (38 punte) en Danie le Roux (38 punte)
Die beterbal houespel kompetisie wat op Saterdag 8 Maart 2014 plaasgevind het, is deur die spookmaat oorheers. Wessel Brand het die rol vertolk en hom skitterend van sy taak gekwyt. Sy bydrae het gehelp dat Bertu Nel (59 houe), Charl de Villiers (60 houe) en Alfred du Plessis (60 houe) die eerste drie plekke inneem. Die ironie van die saak is dat Wessel niks gewen het nie.
Vrydagaande is nog steeds ‘n lekker bymekaarkom aand vir ons lede en besoekers. Gelukkige trekkings is aan die orde van die dag en daar is beslis nie ‘n beter manier om die naweek mee af te skop as die heerlike saamkuier met vriende nie.
• Jannie Lourens

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *