Business Focus – Linad Creations

Beskryf u besigheid in ‘n kort paragraaf:
Linad Creations lewer al vir 13 jaar kwaliteit produkte aan die gemeenskap en is geleë in Voorbaai. Ons spesialiseer in die vervaardiging van kwaliteit kombuis-, kamer-, badkamerkaste, asook kroeë en TV-eenhede.

Wanneer het u besigheid begin?
Ek is al vir 20 jaar in die bedryf en het Linad Creations in Augustus 2001 begin.

Wat het u aangespoor om u besigheid te begin?
Houtwerk is my passie en ek het besef dat vakmanskap en diens altyd in aanvraag is.

Op watter segment van die gemeenskap is u besigheid gemik?
Ek fokus op alle segmente van die gemeenskap van die huiseienaar tot die ontwikkelaar asook besighede. Elke kliënt is vir my ewe belangrik.

Watter produkte/dienste bied u aan?
Advies en insette met ontwerp van produkte benodig. Doelgemaakte kaste ontwerp volgens elke kliënt se unieke behoeftes en spesifikasies. ‘n Algemene nutsman- en onderhoudsdiens word ook gelewer.

Watter voordeel het u bo u mededingers?
Flink diens, goeie pryse, kwaliteit produkte. ‘n Gerekenariseerde 3D program word gebruik sodat die kliënt presies kan visualiseer hoe die eindproduk sal lyk. Ek vervaardig self die kaste en behartig ook die installasie saam met my span ten einde produkte van hoogstaande kwaliteit te verseker. Kaste word in die werkswinkel vervaardig en op terrein geiinstalleer.

Persoonlike hoogtepunte/suksesse/prestasies

Elke projek wat ek sukesvol voltooi is en bly vir my ‘n hoogtepunt. Positiewe terugvoer van tevrede kliënte is die aansporing wat my dryf tot die lewering van uitmuntende produkte en diens.
Wat laat u besigheid bo ander uitblink?
Die gebruik van ‘n gerekenariseerde ontwerpersprogram. Vinnige en flinke diens – kliënte wag nie lank vir lewering van kwotasies nie. Persoonlike betrokkenheid by alle aspekte van die diensleweringsproses wat strek van konsultering met die kliënt tot by vervaardiging en installering van die finale produk. Na-verkoop diens wat voortgesette tevredenheid verseker. Goeie diens en uitnemende vakmanskap is die kern van Linad Creations.

Voltooi die volgende stellings:
“Ondervinding het my geleer dat lewering van kwaliteit diens en produkte ‘n besigheid se sukses en reputasie bepaal.”

“In die toekoms sal my besigheid die volgende (aan) bied ………….”
Produkte om aan elke klient se behoeftes te voorsien
Doelgemaakte kaste met alle beskikbare afwerkings soos Wrap Devon, Impact, Duco, Veneer, Soliede hout en so meer.
Algemene onderhoud en herstelwerk.

Die belangrikste boodskap wat jy met die gemeenskap wil deel?
Ek beskou goeie diens en vakmanskap as die rég van elke kliënt en nié as ‘n voorreg nie.

Linad Creations

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *