PLAASLIKE KLUBS DAAG MEKAAR UIT IN FEESROLBAL

Die spanne van Groot Brakrivier, Vista en Hartenbos en Mosselbaai sal mekaar op Saterdag, 4 Oktober 2014, by die Mosselbaaise Rolbalklub die stryd aansê as deel van die 2014 Mosselbaai Sportfees wat van 3 Oktober 2014 tot 7 Oktober 2014 sal plaasvind.
Op Sondag, 5 Oktober 2014, sal die rolbalklub weer ‘n miernes van bedrywighede wees wanneer die toernooi van die Edendistrik Nomads ook ‘n toernooi sal aanbied as deel van die fees. Dié toernooi sal van 09:00 tot 17:00 gespeel word.
Die toernooiformaat op Saterdag, 4 Oktober 2014, sal enige kombinasie van viere wees, en drie wedstryde van veertien koppe sal gespeel word. Registrasie, teen R240 per span, begin om 08:30 en spel sal van 09:00 tot 17:00 plaasvind. Die pryse vir die dag sal sportfeesmedaljes insluit.
Navrae oor die toernooi kan aan Ernie Thünemann gerig by telefoon (044) 693-3448 gerig word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 27 September 2014.
Rolbal is een van 30 sportkodes wat aan vanjaar se Sportfees sal deelneem. Hoewel die individuele sportliggame of klubs elk hul eie byeenkomste reël, word die fees word deur die Mosselbaaise Munisipaliteit gekoördineer om die plaaslike ekonomie te stimuleer, en ook ‘n gesonde leefwyse aan te wakker. Die eerste sportfees is in 2012 gehou.
Navrae oor die Sportfees kan aan die Kantoor van die Munisipale Bestuurder by (044) 606-5003 of (044) 606-5193 of per e-pos by feeste@mosselbay.gov.za verkry of festivals@mosselbay.gov.za word. Die feeswebwerf, waarop die voorlopige program ook binnekort geplaas gaan word, kan by http://www.mosselbayevents.co.za besoek word. •

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *