The Spying Eye

Op die N2, tussen GrootBrak en Mosselbaai, kry ons deesdae sommer twee verkeersvoertuie met kameras wat die spoedoortreders vastrek. Persoonlik voel ek dis ‘n goeie ding want: “Don’t fool yourself, speed kills” se die groot borde op die hoofpaaie mos.

So ry ek egter by die Pinnacle Point afrit in Mosselbaai toe en sien daar ook ‘n voertuig met ‘n “kameraman” flink aan die werk. Groot was my ontsteltenis egter toe ek net die volgende oomblik sien hoe hy ‘n lee koeldrankbottel met ‘n netjiese boog by sy venster uitgooi tot binne in die bos langs die pad!

Nou vra ek myself af: “Moet daar nou weer iemand aangestel word om die wetstoepasser op te pas sodat hy nie die wereld met Rommel besoedel nie? Vra maar net!

Mugg and Bean
Ek hou nogal daarvan om by Mugg and Bean in die Langeberg Mall te gaan eet. Dis werklik ‘n gewilde plek en jy sukkel nogal soms om sitplek te kry. Gewildheid het egter ‘n prys, want nou is die sitplek gedurig te min en die logiese oplossing is om meer tafels in te dra. Maar o wee! Nou is daar ‘n groter probleem!

Kliente kan nie tussen die tafels deurbeweeg wanneer mense daar sit nie! As ons nou die plek van agter af volmaak is die probleem nie so groot nie, maar wat nou van die agterste ou wat klaar geeet het en wil uitkom? En hoe vul ons dan weer die oop tafel sonder om, op pad daarheen, ‘n ander gas se elmboog ‘n baie onbedagsame stamp, per ongeluk, te gee.

So stap ek nou een oggend daar in en tref dit heel “stil” aan. Ek bekyk die situasie om ‘n oplossing te prober vind. Nadat die derde kelner dieselfde tafeltjie vir die derde keer moes wegskuif, elke keer na ‘n ander kant toe, sodat hy/sy verby kan kom. besef ek: Goue reel!!! Spasieer tafeltjies met genoeg beweegruimte vir kelners soos wanneer al die tafels in die restaurant se tafels beset is. Skuif dan ook die tafeltjies in die regte posisie sodra die gaste geloop het. En onthou die belangrikste punt. Verwyder asb die vuil skottelgoed wat nie meer gebruik word nie so gou as moontlik!

Ek sien uit na die verbetering wanneer ek weer daar kom. Mooi loop. •

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *