Sharn Louw spreek die lede van Tuine en Tossels toe gedurende hulle onlangse byeenkoms te Builder’s Home in Heiderand.
Gedurende Tuine en Tossels se eerste byeeenkoms van die jaar het Sharn Louw (gas spreker) ‘n aanbieding gemaak van die nuutste giere in binnehuise ontwerp wat deur almal teenwoordig baie interessant gevind is.
Carina Beyers en Adele Fockema het bygestaan met die uitstalling van goedere in die winkel en al die dames wat gehelp het met die tee en versnapperinge word hartlik bedank. Die oggend is terdee geniet deur almal teenwoordig. Die byeenkomste geskied elke tweede Dinsdag van elke maand.
Vir verdere inligting kontak gerus:
Anita Knottenbelt 0828249590
Petro Botha 0832621739
Sharn Louw 0726994299 (binnehuise ontwerper)