Wat ‘n goeie inisiatief van dié dames om die plaaswerkers van die omgewing te inspireer, te sorg vir bietjie opwinding en so vir hulle die geleentheid te gee om te leer deur self te doen en deel te neem.
Vir die spesifieke geleentheid moes die werkers ‘n sjokolade koek tuis bak, versier en dan saambring vir beoordeling.
Rika de Villiers, die beoordelaar, het waardevolle inligting en wenke gedeel, en weereens besef ek, jy is nooit te oud om te leer nie.
Volgens Johleen Muller die organiseerder en Reeva Pienaar (sekretaresse) word daar gereeld sulke byeenkomste gehou.
Die dames word handvaardighede wat onder andere die maak van verskeie naaldwerk-, brei- en hekelartikels insluit, geleer.
Die geleentheid wat by die Vleesbaai Pre Primêre Skool gehou is, was gelukkig darem nie alles net leer en werk nie. Na afloop het die dames lekker met ‘n koppie tee saam gekuier en gesels.
Bygewoon deur: Marriam Floors